Applekie Se Kuierplekkie



Liefde blom!

Hey julle almal.. ek is weer trug😛 Ek het baie lanklaas op my blog gekom soos julle gesien het.  Wel.. baie het gebeur.  Ek het talente in myself gevind.  Ek het begin verf, skryf, en ek het fotografie as ‘n stokperdjie aan geneem.

Ek skryf kort stories, en gedigte.  Dit hou my besig en gee my tyd om myself te “express”.  So ook doen die verf.  Ek verf enige iets wat op kom.

My ma het ‘n post oor my en my liefde op haar blog gemaak.  Wel.. nou is dit bietjie my beurt om daaroor te skryf =).. wat is dan nou beter as ‘n persoon se eie opinie?

As ek dit moes vergelyk… my vorige verhouding en die een waarin ek nou betrokke is.. my vorige verhouding kom glad nie naby nie!!  Ek word so wonderlik behandel.  Soos goud!  Ek word elke dag vertel hoe baie hy my lief het.  Hoe hy my mis.  Hy het die grootste respek vir my.  Die liefde wat ek ervaar is beslis, en by ver die beste liefde wat ek al ooit ervaar het.  Nou, ja, hy is 10 jaar ouer as ek.  WOW!! 10 jaar??!!  Dis tien teen een die reaksie wat meeste mense sal he.  Dit pla my nie.  Hoekom moet dit?  Ek is vir die eerste keur in my lewe meer gelukig as wat ek ooit so kon dink om te wees.  Hoekom moet ek dat wat ander mense dink daaromtrent in my pad kom?  Nee, ek sal dit nie toelaat nie.  Ek is gelukig.  Ek sal nie dat enige iemand tussen ons kom nie!

Om dit te vergelyk : My vorige boyfriend, het my baie swak behandel.  Ek was ongelukig,  elke dag.  Hy het my nie aanvaar soos ek was nie.   Ek het elke dag gehuil.  Ek het in ‘n depressie in gegaan.. as gevolg van hom wat my elke dag meer en meer af druk.

Dan:  My liefde.. my enigste..  Hy het my uit my depressie uit gehaal.  Ons het verlief geraak sonder dat een van ons dit besef het.  Hy het my motiveer.. elke dag.  Ek het van 2 onderskeidings op skool na 8 onderskeidings toe gegaan.. a.g.v sy motivering.  Ek is so dankbaar en gelukig om iemand so wonderlik soos hy te hê.  Ek was nog nooit in my lewe so bly en gelukig nie.  Die liefde wat ek beleef is wonderlik!  Hy aanvaar my soos ek is.  Net soos ek is.  Ek hoef niks van myself te verander sodat hy my moet lief he nie. So kan ek aan gaan…..

Nou se ek weereens.  Hy is 10 jaar ouer as ek.  Ja, ‘n volle 10 jaar.  Ons is 2 maande al saam.  En ek is eerlik en bly om te kan sê:  Dit was die 2 gelukigste maande van my lewe!

Hierdie jaar gaan ek graad 10 toe.  Ek en hy het hierdie “motto” gemaak vir die jaar.  Hy het vir my gese: “Hierdie jaar, is ons jaar”.  Daarom, maak ek elke dag die beste van myself.  Ek sit alles in God se hande.  God sal vir my sorg.  En omdat ek “ons” verhouding in God se hande gesit het.. sal hy verseker vir ons sorg vir die beste.

Mag hierdie jaar vir julle almal baie fantasties wees.  Wees positief.. elke dag.. en jou dag sal positief eindig.  Maak dit jou motto om elke dag jou beste te gee.  Geniet elke oomblik van jou lewe.  Geniet elke oomblik saam met die persone wat saakmaak.. jy weet nooit wanneer hulle weg gaan wees nie.  Los die mense in jou verlede in die verlede.  Daar is beslis ‘n goeie rede hoekom hulle dit nie na jou toekoms toe gemaak het nie.  Glimlag, voor jy plooie kry van frons.  En frons plooie sal almal maak dink, jy is ‘n mislikke persoon.  Laaste, maar nie die minste.. Vertrou in jouself.  Vertrou in jou mede mens.  Vertrou in God.

Hier is een van my gedigte.. aan die EEN spesifieke persoon geskryf.. die liefde van my lewe ♥.  Ek vra asb dat niemand my gedig sal verander nie.  In enige opsig op ander website’s sal publish nie.  Asseblief…

My one and only

There’s a few things I thought that I could say
And I want to say it out of my heart in every way…

You are like a teddy on my bed
Being there for me to hold when I cry
And when things remain unsaid

You are like my shadow walking next to me
You are not quite here (right now)
But still you are a part of me
A part that I can see
Walking right beside of me

You are like the glasses on my face
With you, I see a whole new world
And when I take my glasses of
I only see a world so cold

You are like the blood inside of me
That keeps me going
Your like my eyes that makes me see
Where I am going

You are bringing the best out of me
Something that no one could see
But now everyone notices
The best part of me

You are the biggest part of my heart
The most important part
When sometimes, I feel that I could just die
You are the part of me that keeps me alive

Thank you for always being there
Thank you for being my best part
For being an angel
Sent to me from above

You have all of me
Forever to be
I am yours forever
that means nothing is going
to take me away, ever

I really love you
And I know that you love me too
This is just half of the things I wanted to say
I hope you liked it… In every way

Groete aan almal

Applekie ♪♪


Trackbacks & Pingbacks

Kommentaar

  1. * Wipneus! says:

    Baie mooi gedig!!!

    Die liefde is darem mooi en lekker! Geniet dit Applekie!

    Mag jy baie magic en geluk in die Nuwejaar beleef! Voorspoed!

    Posted 7 years, 10 months ago


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: