Applekie Se Kuierplekkie



Tienerliefde…

happy-valentines-day.gif

Tieners, tieners, tieners. Daar is baie goed wat vir ons saakmaak. Veral die liefde. Wel dis maar nou net die topic wat ek vandag kies. Tienerliefde is eintlik anders as “grootmens liefde”. Groot mense is al deur baie, so hulle weet van seerkry…en hulle het al hulle lesse geleer. Maar tieners leer nog. Ons raak sommer net so verlief op iemand, en voor ons ons kon kry, is ons in ‘n verhouding saam met hulle. Wel ek gaan nou uit my “meisie” mind uit praat, aangesien ek nie weet wat in mans se breins aangaan nie.

Verlede jaar, het ek hierdie ou leer ken, terwyl ek in ‘n verhouding met iemand was in my graad. Die ou wat ek leer ken het het die looks gehad, en ek en hy het verlief geraak. Na 2 weke wat ons mekaar leer ken het, het hy my gevra of ek met hom sal uitgaan, en ek kon net nie nee se nie, want ek was “verlief” op hom. Ons het seker so maand uitgegaan, toe hy wou begin dinge te ernstig vat (vry), en ek wou nie, want ek is nie so tipe meisie nie. Toe ek nie wou nie, los hy my daaroor. Ja, dit was stupid van my om hom ‘n kans te gee, want ons het mekaar nog net 2 weke geken. Maar dis hoe ons leer, is dit nie?

Toe ek finally oor daai’ ou is, vra sy vriend my uit. Ai, ons het mekaar darem al ‘n hele rukkie geken, en ek gee dit toe maar ‘n go. Hy het my respekteer, en hy het nie die looks gehad nie. Ons het amper elke naweek saam met mekaar spandeer, en saam met ons vriende en vriendine. Dit was lekker, ons het mekaar se geselskap baie geniet. Maar hierdie keur was ek die vark in die verhaal. My vriendinne het my bly uitlag oor hy nie die looks het nie, en gese hy is ‘n freak. Stupid genoeg van my, los ek hom toe. Rede een – My vriendinne. Rede 2 – Ek het besluit ek soek nie meer ‘n ou vir die res van my hoërskool loopbaan nie. Maar wat ek nie geweet het nie, is dat daar nog ‘n ou was, wat gewag het om my hart sag te maak. In Januarie, hoor ek ‘n wildsvreemde ou in my skool hou van my. Ons leer toe mekaar ken. Hy het ook nie die looks gehad nie, maar hy het my hart sag gemaak, soos die ander. So…toe gee ek hom ook maar ‘n kans, terwyl ek geweet het dis nie reg nie. En ja, ons het mekaar maar 3 weke geken. Na 2 weke toe se hy vir my hy dink nie dit gaan werk nie, want hy sou op my cheat agter my rug. Ek was baie geskok, maar het oor dit gekom. In tussen is ek en ‘n vriend wat ek in ‘n online game, Battlefield, ontmoet het, goed bevriend en gesels ons soos jare lange maats. Hy is baie nice, en ons voel dieselfde oor mekaar. Maar hy bly ver, en beplan om die einde van die jaar hierheen te kom.

Soos ek nou voel, sal ek vir daai ou wag, en ek wil glad nie ‘n ou he nie…nie eers al vra die hotste ou in die skool my nou uit nie! Ek dink om single te wees is baie meer fun… jy is vry om baie vriende te he, en jou lewe te geniet terwyl jy jonk is!

Happy valentines day aan almal, hoop dis vol liefde =)

heart6a.jpg

Groete,

♥Applekie♥

powerpuffgalscc9.jpg


Trackbacks & Pingbacks

Kommentaar

  1. * Eben says:

    Ai ai ai Klein Sonnie!!!! Die liefde vertelle jy onse hier. Wat my bekommerd maak is die feit dat jy noem jy het die en die mannetjie ontmoet via Battlefield en jy ken hom nie EN jy gaan vir hom wag.

    Ek glo, as jy met mamma praat/gesels sal sy jou ook vertel hou verby. Finaal die mense oor die Internet. Dis uiters gevaarlik. Ek hoop van harte jy het nie al jou persoonlike besonderhede reeds vir hom gegee nie!!

    Wat betref die skool kyse ens … dis die lekkerste deel van skool (amper.) As jy eendag groot is, en jy sien die en die laaitie dan dink jy hoe lekker julle gekuier en gesels het. Ek is bly jy vat dinge maar kalm tans, want daar le mooi jare voor, en as ek kon, sou ek gese het, bly pelle met almal. Dis lekker om so in die bondel uit te gaan.

    Maaaarrrrrr aaggg wat, wat sal so ou oom nie alles kwyt raak? Solank jy gelukkig is!!

    Posted 8 years, 9 months ago
  2. * maxie says:

    Hi appeltjie, oulike blog. Luister vir Oom Eben, hy’s reg! Hoop jy skryf sommer gou weer. Geniet jou tienerjare.

    Posted 8 years, 8 months ago


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: