Applekie Se Kuierplekkie



Hey Almal!

mirage-white-tiger-habitat-white-tiger-34.jpg

Het julle al ooit gevoel alles loop net verkeerd, en dat dit nie wil ophou nie? Ek het al, wel om te begin…vir die afgelope paar dae. Dit is asof dit net gaan aanhou – “Bad-Luck”, en dat jy voel jy wil net weg kom van alles, en nooit weer terug kom. Praat van ‘n slegte week so ver! Wel om mee te begin, het my pa Sondag aand oorsee gevlieg, Maandag by die skool het klomp meisies met my strooi gesoek oor geen rede, en ‘n groot scene van niks gemaak, Dinsdag…wel, dit was nogal ‘n lekker dag, Woensdag, het my vriendinne vir my slegte nuus gegee, en Donderdag het ek uitgevind my beste vriendin trek, en gaan uit die skool uit. Nou wag ek maar net vir Vrydag, wanneer my vriendin trek. Dit sal more (Vrydag) haar laaste dag saam met my wees. Wel, partykeer wonder ek hoekom, net as ek ‘n baie goeie vriendin maak, sy moet weg gaan. Maar dis maar hoe ons “tieners” leer om groot te word. Ek wil nie eers weet hoe moet dit vir grootmense met groot goed om oor te stres wees nie. Oordryf ons tieners dan? Stres ons oor onodige goed?

Maar wat ookal die stres saak is, of dit nou skei sake is by grootmense, of as dit maar klein, simpel goed is by tieners is, almal kry bad-luck, maar almal kom deur dit!! Dis maar deel van ons alledaagse lewe!

Hier is ‘n gediggie wat ek sommer self geskryf het…

Trust – By: ME!! =)

I looked down to my feet

Bad-luck, I really don’t need

But it seems the harder that I try

Something always makes me cry

Thinking about what happened yesterday

Why I couldn’t find my way

And what will happen tomorow

Will there be anymore sorrow…

But through everything I knew

That I would make it through

I know that God will help me

Through everything, you see

Because he really cares for us

All we need to do is trust

In the King of kings

And He’ll help us get through all difficult things!!

Ps: Gee asb idees vir die volgende posting, dit sal waardeur word!! =)

Groete aan almal! Lekker naweek vir julle!

♥♥Applekie♥♥


Trackbacks & Pingbacks

Kommentaar

  1. * Sonneblom says:

    Hi Appel Liefie,

    Jou gediggie is pragtig. Ons moet dalk meer dinge deur die oog van ‘n kind sien….
    Stres is maar stres. Op jou vlak van tiener glo ek dis net so erg as soos op die vlak van ‘n grootmens. Dis hoe ons dinge hanteer wat van ons suksesse maak in die sameleing. Ons kan gaan lê of ons kan huil, hartseer wees, en besef die lewe moet aangaan, opstaan, afskud, en dan weer die wêreld vierkantig in die oë staar.

    Daar sal tye van beproewing kom in elkeen van ons lewens. En daar sal tye van vreugde wees. Dis hoe ons dit hanteer wat saakmaak. Onthou ek is ALTYD daar vir jou😉 En ek is bitter baie lief vir jou. Onthou – jy is my oogappel, en my trots😉

    Liefdetjies
    Sonneblom

    Posted 8 years, 10 months ago
  2. * Eben says:

    Ai ai die tieners darem. Ek stem saam jou mamma, julle vlak is ook net soos ons groot mense s’n.

    Ek hoop regti gjy het ‘n lekker week wat voorle en dat alles lekker sal wees by die skool. Jong jaaaaaa dis ook nie lekker as jou beste buddies moet trek nie, maar in vandag se lewe is dainge oor so erge, mens weet ook nie aldag wat aangaan in hulle huise nie.

    Baie keer weerhou pappa’s en mamma’s info van die kinders, om minder strers op hulle te plaas. Hou net elkker kontak met jou vriendinne en daar is mos vakansies wat voorle, dink net as julle mekaar weer sien, hoe lekker gaan julle dan saam kuier … kwaliteit kuiertjies!!

    Sterkte vir die week, glo dit sal goed gaan .,……….

    O jaaa jou gediggie is pragtig!!

    Posted 8 years, 9 months ago
  3. * boendoe says:

    Hi Applekie, oulike gediggie!
    Ek dink net jy moet dalk probeer om die silwer randjie agter die donker wolk te sien, jong! Jy klink heeltemal te sad…

    Posted 8 years, 9 months ago
  4. * applekie says:

    Hey almal,

    Wel, die week gaan dit beter sover…al wat ek doen is glo in myself en probeer om die beste van elke dag te maak. En als loop net soos ek wil he dit moet loop.

    Ah, valentynsdag is oppad! Ek wil graag ‘n mooi posting daaroor skryf, so as iemand enige idees het…Shout it out!

    Dankie aan almal wat al hier gelees het, en geskryf het, dit beteken baie!
    Mag almal van julle ‘n wonderlike week he, en mag als loop net soos julle beplan, onthou die een goue reel…GLO net in julle self!! Dit sal die moeite werd wees.

    Groete aan al die bloggers!

    ♥Applekie♥

    Posted 8 years, 9 months ago


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: