Applekie Se Kuierplekkie



Tiener misdaad in vandag se hoërskole…

Die wêreld is rerig besig om hand uit te ruk.  En al moet ek self so sê, maar die tieners ook!  Ek is self ‘n tiener.. daarom dink ek genoeg is nou net genoeg!! 

 

Ek hoor gister die mees skokkende storie.. dit loop seker al die hele land vol.  Van ‘n graad 12 seun wat ‘n graad 9 dood  gesteek het.. met ‘n swaard!  Kinders is bang om skool toe te gaan.. want elke kind dink by homself.. “wat as dit ek was?”  Dit het maar begin met kinders wat mekaar vloek en skel.. en naderhands mekaar begin slaan het.  Klas ontwrigting, misdaad, alles!  Wat is besig om in ons tiener skole te gebeur?! Is dit dan nie ‘n plek om te leer om iewers te kom in jou toekoms?  Kinders begin dink dinge is ‘n grap.  Ek kom nou die dag by die skool, en met opening het die onderwysers met kinders baklei oor iets wat my nogals geskok het….  Kinders wat mekaar met naalde en kop spelde steek!!  Hoe vinnig is dit dan nie dat jy VIGS so kan oordra nie???  As daai speld in aan raking met iemand wat HIV het se bloed kom, en dan weer met iemand sonder HIV… kan dit dan nie oorgedra word nie?? 

 

Wat is besig om met die wêreld om ons te gebeur?  As die KINDERS mekaar al begin doodmaak.. ja… doodmaak.. watse toekoms is daar dan??!!  Ek self is bang.. bang om skool toe te gaan vir opvoeding… bang om uit ons yard uit te gaan!  Ek dink dis tyd dat ons iets hieraan doen.  Ek kan nie agteroor sit en kyk hoe die wêreld wat God vir ons gegee het, vergaan nie.  Wat as dit jou kind was wat doodgemaak word deur ‘n ander?  Wat as dit jou kind was wat ‘n ander seermaak.. selfs al steek hy ‘n ander net met ‘n naald!  Wat as jy jou kind aflaai by die skool een oggend.. en die middag hom nie weer kan sien nie?  Mense, dis versriklik om net daaraan te dink!!!! 

 

EK SE STOP MISDAAD!!!  IN SKOLE EN IN DIE HELE WERELD!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!  Ons elkeen kan ‘n groot rol speel hierin….

 

Spreuke 3: 32 – “Want die verkeerde is vir die Here ‘n gruwel, maar sy verborgenheid is met die opregtes”

 

Lekker week vir julle almal.. en mag God met julle wees!!!!!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

%d bloggers like this: