Make Time For God

I woke up this morning and knew that today,
The sun would not be shining and the clouds would be gray!

As I stepped outside, rain fell upon my head.
My car wouldn’t start so I walked to school instead.

I forgot all of my assignments. I failed all of my tests.
I dropped my head in disgust and asked the Lord for one request

“Lord, why is it that things won’t go my way?”!

He gently replied, “Dear child it is because you didn’t thank me yesterday I woke you up and enabled you to see the sun again!

I gave you shelter, protected your family, and even let you make a new friend.

I blessed you far greater than I ever had before.
But you were too busy to thank me once more.

You didn’t feel sick because I maintained your health.
You had money in your pocket because I maintained your wealth!

You had shoes on your feet and clothes to wear, too.
You had plenty of food to eat, and what did you do?

You ignored me and went about your tasks.
But when you wanted something you never hesitated to ask.

I was there when you needed me and that wasn’t too long ago.
But when things started going your way it was me you did not know.

As if that weren’t enough, I provided your favorite luxuries.
This was something I didn’t have to do they weren’t even necessities

And when it was time to get on your knees and show your gratitude,!
You decided that after such a fulfilling day, you weren’t in the mood

So I decided to give you just a little test.!
To show you how it would feel to stop being blessed.”

I began to realize what The Lord was saying.
And when I got home, I fell to my knees and started praying.

He said, “My child, you have learned and you know I do forgive.
But remember this day as long as you shall live.

I love filling your life with joy, and your pain I’ll alleviate it.
But just a simple thank you would show how much you appreciate it.

Comments (5) »

‘n Sun-City dag..

Hey almal,

Ek was uit eindelik vir die eerste keur na ‘n pragtige plek - Sun-City - toe, en dit is baie lekker gewees!  Toe ons daar ariveer het ek eers gedink dit gaan nie lekker wees nie, maar toe ons finally binne kom, was ek skoon verbaas met hoe mooi die plek is!

Ons was na die brug toe, en ons het oral rondgeloop.  Vir julle wat nog nie daar was nie… dis ‘n Must See plek daai!!  Mens geniet jou gate uit, en daar is van die mooiste views daar.  Ek het ‘n paar foto’s geneem.  Ek gaan hard leer laat my huis eendag so mooi kan wees… LOL =P

 

Geniet die week verder en God Bless!!!!!!

 

Comments (3) »

Here Without You - 3 Doors Down

teddy2.gif
A hundred days have made me older
Since the last time that I saw your pretty face
A thousand lies have made me colder
And I don’t think I can look at this the same
But all the miles that separate
Disappear now when I’m dreaming of your face

I’m here without you baby
But you’re still on my lonely mind
I think about you baby
And I dream about you all the time
I’m here without you baby
But you’re still with me in my dreams
And tonight it’s only you and me

The miles just keep rollin’
As the people leave their way to say hello
I’ve heard this life is overrated
But I hope that it gets better as we go

I’m here without you baby
But you’re still on my lonely mind
I think about you baby
And I dream about you all the time
I’m here without you baby
But you’re still with me in my dreams
And tonight girl its only you and me

Everything I know, and anywhere I go
It gets hard but it wont take away my love
And when the last one falls
When it’s all said and done
It gets hard but it wont take away my love

I’m here without you baby
But you’re still on my lonely mind
I think about you baby
And I dream about you all the time
I’m here without you baby
But you’re still with me in my dreams
And tonight girl its only you and me

No comment »

Tienerliefde…

happy-valentines-day.gif

Tieners, tieners, tieners. Daar is baie goed wat vir ons saakmaak. Veral die liefde. Wel dis maar nou net die topic wat ek vandag kies. Tienerliefde is eintlik anders as “grootmens liefde”. Groot mense is al deur baie, so hulle weet van seerkry…en hulle het al hulle lesse geleer. Maar tieners leer nog. Ons raak sommer net so verlief op iemand, en voor ons ons kon kry, is ons in ‘n verhouding saam met hulle. Wel ek gaan nou uit my “meisie” mind uit praat, aangesien ek nie weet wat in mans se breins aangaan nie.

Verlede jaar, het ek hierdie ou leer ken, terwyl ek in ‘n verhouding met iemand was in my graad. Die ou wat ek leer ken het het die looks gehad, en ek en hy het verlief geraak. Na 2 weke wat ons mekaar leer ken het, het hy my gevra of ek met hom sal uitgaan, en ek kon net nie nee se nie, want ek was “verlief” op hom. Ons het seker so maand uitgegaan, toe hy wou begin dinge te ernstig vat (vry), en ek wou nie, want ek is nie so tipe meisie nie. Toe ek nie wou nie, los hy my daaroor. Ja, dit was stupid van my om hom ‘n kans te gee, want ons het mekaar nog net 2 weke geken. Maar dis hoe ons leer, is dit nie?

Toe ek finally oor daai’ ou is, vra sy vriend my uit. Ai, ons het mekaar darem al ‘n hele rukkie geken, en ek gee dit toe maar ‘n go. Hy het my respekteer, en hy het nie die looks gehad nie. Ons het amper elke naweek saam met mekaar spandeer, en saam met ons vriende en vriendine. Dit was lekker, ons het mekaar se geselskap baie geniet. Maar hierdie keur was ek die vark in die verhaal. My vriendinne het my bly uitlag oor hy nie die looks het nie, en gese hy is ‘n freak. Stupid genoeg van my, los ek hom toe. Rede een - My vriendinne. Rede 2 - Ek het besluit ek soek nie meer ‘n ou vir die res van my hoërskool loopbaan nie. Maar wat ek nie geweet het nie, is dat daar nog ‘n ou was, wat gewag het om my hart sag te maak. In Januarie, hoor ek ‘n wildsvreemde ou in my skool hou van my. Ons leer toe mekaar ken. Hy het ook nie die looks gehad nie, maar hy het my hart sag gemaak, soos die ander. So…toe gee ek hom ook maar ‘n kans, terwyl ek geweet het dis nie reg nie. En ja, ons het mekaar maar 3 weke geken. Na 2 weke toe se hy vir my hy dink nie dit gaan werk nie, want hy sou op my cheat agter my rug. Ek was baie geskok, maar het oor dit gekom. In tussen is ek en ‘n vriend wat ek in ‘n online game, Battlefield, ontmoet het, goed bevriend en gesels ons soos jare lange maats. Hy is baie nice, en ons voel dieselfde oor mekaar. Maar hy bly ver, en beplan om die einde van die jaar hierheen te kom.

Soos ek nou voel, sal ek vir daai ou wag, en ek wil glad nie ‘n ou he nie…nie eers al vra die hotste ou in die skool my nou uit nie! Ek dink om single te wees is baie meer fun… jy is vry om baie vriende te he, en jou lewe te geniet terwyl jy jonk is!

Happy valentines day aan almal, hoop dis vol liefde =)

heart6a.jpg

Groete,

♥Applekie♥

powerpuffgalscc9.jpg

Comments (2) »

Hey Almal!

Het julle al ooit gevoel alles loop net verkeerd, en dat dit nie wil ophou nie? Ek het al, wel om te begin…vir die afgelope paar dae. Dit is asof dit net gaan aanhou - “Bad-Luck”, en dat jy voel jy wil net weg kom van alles, en nooit weer terug kom. Praat van ‘n slegte week so ver! Wel om mee te begin, het my pa Sondag aand oorsee gevlieg, Maandag by die skool het klomp meisies met my strooi gesoek oor geen rede, en ‘n groot scene van niks gemaak, Dinsdag…wel, dit was nogal ‘n lekker dag, Woensdag, het my vriendinne vir my slegte nuus gegee, en Donderdag het ek uitgevind my beste vriendin trek, en gaan uit die skool uit. Nou wag ek maar net vir Vrydag, wanneer my vriendin trek. Dit sal more (Vrydag) haar laaste dag saam met my wees. Wel, partykeer wonder ek hoekom, net as ek ‘n baie goeie vriendin maak, sy moet weg gaan. Maar dis maar hoe ons “tieners” leer om groot te word. Ek wil nie eers weet hoe moet dit vir grootmense met groot goed om oor te stres wees nie. Oordryf ons tieners dan? Stres ons oor onodige goed?

Maar wat ookal die stres saak is, of dit nou skei sake is by grootmense, of as dit maar klein, simpel goed is by tieners is, almal kry bad-luck, maar almal kom deur dit!! Dis maar deel van ons alledaagse lewe!

Hier is ‘n gediggie wat ek sommer self geskryf het…

Trust - By: ME!! =)

I looked down to my feet

Bad-luck, I really don’t need

But it seems the harder that I try

Something always makes me cry

Thinking about what happened yesterday

Why I couldn’t find my way

And what will happen tomorow

Will there be anymore sorrow…

But through everything I knew

That I would make it through

I know that God will help me

Through everything, you see

Because he really cares for us

All we need to do is trust

In the King of kings

And He’ll help us get through all difficult things!!

Ps: Gee asb idees vir die volgende posting, dit sal waardeur word!! =)

Groete aan almal! Lekker naweek vir julle!

♥♥Applekie♥♥

Comments (4) »

Gee om vir diere en die natuur!

Love animals!

Ek hou baie van diere, wel, ek is seker almal doen… As ek eendag groot is wil ek graag met diere werk, hulle gesond maak, en liefde aan hulle gee. Ek weet, dis wat baie kinders sê, maar ek bedoel dit eintlik. Vandat ek ‘n klein dogtertjie was, was dit nog my grootste droom ooit… Om eendag my eie wildsplaas te hê, en om leeus en bokke en allerande diere op MY wildsplaas te hê.

Ek het passie om diere groot te maak. Eendag toe ek buite rondloop in die agterplaas, sien ek ‘n rooikrans duif kuiken wat uit sy nessie uit geval het, toe tel ek hom op, en gaan versorg hom in die huis. Hy het gesond groot geword, en toe was dit tyd dat ek hom buite vry laat. Ek het gehuil, maar dit was die regte ding om te doen, hy mag ook mos vry in die natuur wees. ‘n Uur of so later, toe vlieg daar ‘n rooikrans duif in my kamer in, en gaan sit op my bed. Dit was toe my duif wat besluit het hy kom terug! Elke oggend het hy uit gevlieg en by sy maatjies gaan kuier, en in die aande het hy ingevlieg, sy kossies geëet, en kamer toe gevlieg om te gaan slaap. Ons moes trek, en ek vat hom saam, maar toe vlieg hy terug na ons ou huis toe. Ek kon hom nie weer gaan haal nie, want dit was die regte ding om te doen… om hom vry te laat wees. Wel, hy het nou al nes gemaak, naby ons ou huis.

Ek het in tussen ook al baie diere groot gemaak, en versorg, dit is maar nou net waarvan ek hou om te doen. Ek het ‘n een maand oue papagaai by iemand gekry, en hom groot gemaak, net soos die duifie, hy is nou al 5 maande oud, en dis die oulikste papagaai. Ons het 2 honde, ‘n lang been Jack Russel, en ‘n rufrig.

Ek hou glad nie van mense wat diere mishandel nie! Ek wens sulke tipe mense moet die pyn voel wat die diere voel as hulle die diere seer maak. Veral honde, hulle is daar om liefde te kry, “Mans best friend”. Mense wat nie van diere hou nie, en diere mishandel, hoekom wil meestal van hulle honde hê?? Baie van daardie tipe mense soek honde, maar seker weke net nadat hulle ‘n hond gekry het, begin hulle hom mishandel… Hoekom?!

As almal baie lief vir diere was, dink ek daar sou minder mishandelde diere by die SPCA wees, minder spesies van wilde diere sou extinct wees, en so kan ek aangaan. My vraag aan diere mishandelaars is: ” Hoekom wil julle troeteldiere hê, as julle weet julle hou nie van diere nie, en as julle weet dieselfde dier wat julle soek, kan eerder na ‘n huis gaan waar daar mense is wat eintlik lief vir diere is?”

Ek dink ons moet aardverwarming ernstig begin opneem, en ook om diere lief te hê. As ons kinders en tieners eendag ‘n lewe wil hê, moet ons vir ons aardbol, en alles in dit begin omgee!!!!!

pika1.gif

Pikkie, ons jack russel

Comments (1) »

Hi Almal

Wel, hier is ek ook nou… ‘blogging’.  Ek is seker ek gaan dit geniet, en ek hoop julle sal dit geniet om op my blog te skryf.  Bietjie van myself > ek is ‘n jong, vriendelikke meisie, wat daarvan hou om vriende te maak.  Ek hou baie van diere en die natuur.  My gunsteling sangeris My Chemical Romance en Simple plan en nog vele meer.  Wel, genoeg van dit hehe… Julle is vry om enige iets wat julle wil te tik op my blog… Maar daar is reëls : 1. Moet geen vloek woorde gebruik nie - dit is ‘n blog, en almal kan tik sonder om ‘n slegte woord te gebruik.  2. Moet nie met mekaar baklei oor die blog nie - almal kan mekaar oor my blog respekteer.  3. Moet ASB nie my blog slegse -  by my comments, of by ander mense se blog’s nie.  Ek sal daardie respek waardeur =).  4. GENIET ELKE OOMBLIK!!

Wel, dis nou al van my kant af, groete aan almal, en ek hoop julle geniet dit om saam met my te blog =)

Applekie

Comments (6) »